Akademie
At Paarl Girls' High School we are extremely fortunate to have the best trained and motivated teachers who make it their priority to be the best educationalists that they can be. Proof of this lies in the excellent record shown throughout our senior certificate examination results.
'n Bydraende faktor is dat ons leerders reeds in gr.8 geleer word om met selfdissipline en verantwoordelikheid hul skoolwerk te bemeester. Dit is ook wetenskaplik bewys dat leerders aan eengeslagskole akademies beter presteer as in gemengde skole.
Na afloop van die Senior Sertifikaat eksamen van 2007, val die eer ons te beurt om vir die tweede agtereenvolgende jaar gelys te word onder die 10 Top-skole van die Weskaap - hierdie prestasie is behaal vir onder andere die volgehoue puik akademiese prestasies van die laaste 3 jaar.
Uiteindelik kom die eer van alle suksesse wat ons op akademiese gebied behaal ons Hemelse Vader toe wat aan ons opvoeders en leerders die nodige talente gegee het om tot hierdie hoogtes te styg.
