CULTURAL ACTIVITIES

Redenaars- en Debatvereniging

HMS se leerders is dogters wat glo dat kinders nie net gesien moet word nie, maar ook gehoor moet word, daarom neem hulle aktief deel aan verskeie kompetisies deur die jaar.  Die grootste kompetisie is die jaarlikse nasionale ATKV-kompetisie. Ons het vanjaar die maksimum redenaarsinskrywings ingestuur vir Afrikaans Eerste Taal. Daar is sewe laerskool- en nege hoёrskoolleerders wat gaan deelneem. Ons neem vanjaar ook vir die eerste keer deel aan die Addisionele Taal afdeling. Die eerste uitdunronde vind op 7 Mei by HJS plaas. Die halfeindronde vind op 22 Mei by H/S Monumentpark in Kraaifontein plaas.Die debatspanne gaan ook ons skool in volle sterkte in hierdie kompetisie verteenwoordig. Ons het vyf junior- en vyf seniorspanne wat gaan deelneem. HMS is dan ook gasvrou vir die eerste uitdunronde wat op 27 Maart plaasvind.  “Die skool daar in die Noorde van Paarl” (Gim) bied jaarliks ‘n kompetisie aan waar lekker pryse op die spel is. Die kompetisie bied nog ‘n geleentheid vir ons meisies om hul staal te wys. Ons gaan beide die laer-en hoërskoolafdelings deelnaam. D.F.Malan bied jaarliks ‘n luisterryke kompetisie (Dink-of-sink) aan wat ‘n heerlike ete behels asook van ons glitterati in die vermaaklikheidswêreld betrek. Deelnemers sal later aangekondig word.  Alle belangstellende leerders moet hulle name by die volgende afrigters gaan opgee: 

  • Mev. R. Taylor: H/S Debat
  • Mev. B. Dreyer: H/S Redenaars (Huistaal)
  • Mev. H Muller: H/S ( Redenaars: Addisionele taal) en L/S Redenaars

  Ons vra dat ouers, vriende, mede-leerders en Old Girls ons deelnemers sal ondersteun by die kompetisies. Dit beteken ongelooflik baie viir die deelnemers.