Culture - Debat

Hierdie is ook 'n nasionale kompetisie met dieselfde doel voor oë as die redenaarskompetisie. Tydens die eerste uitdunrondte van die Nasionale ATKV kompetisie (2007) het ons junior debatspan, bestaande uit Nadia Gava, Talia Nielsen en Mariet van Rensburg, bo-aan die punteleer geëindig. In die finale uitdunrondte eindig Mariet van Rensburg, ‘n gr.9 leerder) onder die top 3 leerders in die land. Die kompetisie vereis dat twee spanne teenoorstaande standpunte ten opsigte van 'n spesifieke saak inneem en dan met mekaar in debat tree. Daar word ook deur die loop van die kwartaal debatsaande saam met ons buurskole, soos Hoër Jongenskool, gereël, om interaksie tussen die skole te bevorder.