Culture - Redenaars

Hierdie is 'n nasionale kompetisie ter bevordering van gesproke Afrikaans en die ontwikkeling van leiers onder skoolgaande jeug. Die kompetisie vereis die lewering van 'n oorredende en beredeneerde toespraak. Die hoofdoel is nie die oordra van kennis aan die gehoor nie, maar die oorreding en beïnvloeding van die gehoor. In 2005 het ons span na die half-eindronde deurgedring en tweede landswyd geëindig!