General information
Akademiese Kompetisies
Jaarliks neem 'n groot aantal leerders aan olimpiades deel.
Afrikaans- Olimpiade
Hierdie olimpiade word aangebied vir graad 9-12 leerders. Leerders wat Afrikaans Huistaal neem (ongeag die leerder se huistaal), skryf die olimpiade. Leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem (oneag die leerder se huistaal), skryf die Gebruiks-Afrikaans-olimpiade. 'n Sertifikaat word aan die leerders uitgereik en aanloklike kontant- en ander pryse is op die spel. Die eksamen word gewoonlik in Maart afgelê.
Verbruikerstudie
Ons neem gereeld deel aan die Nasionale Verbruikerstudie Olimpiade. In die verlede het ons feitlik elke jaar 1 of selfs 2 kandidate wat in die Top 10 eindig. HMS was in 2005 algeheel 2de en in 2007 3de.
Kookkompetisies
Deelname aan kookkompetisies soos die Rooi Rose Toptienerkok en die Moir’s Bakkompetisie word ook elke jaar aangemoedig en ons behaal ook hierin groot sukses!!
Wiskunde Olimpiade
Ons neem jaarliks deel aan 2 olimpiades nl. die Universiteit van Kaapstad se Wiskunde Olimpiade en Harmony Wiskunde Olimpiade. Leerders skryf individueel of in pare in.
