Hoër Meisieskool Paarl
Girls’ High School
Since 1876
Developed by ACH&SS - 2011
Die HMS Koshuis is meer as net ‘n skoolkoshuis, dit is ‘n tweede tuiste. Die koshuisouers, Piet
en Amanda du Toit, versorg elke koshuisganger soos hul eie – ‘n gerustelling vir elke ouer wie
se dogter kwartaalliks hier afgelaai word. Oom Piet sorg “dat die duiwel vasgeketting is” en dat
die inwoners te alle tye veilig en geborge voel. Tannie Amanda doen moeite om te sorg dat elke
leerder wat by ons aansluit, gou maats maak en tuis voel.
The hostel learners very often boast about the excellent meals that are served in our hostel –
special treats will often be added to the menu to spoil the girls. The strict, but just hostel rules
and the fair enforcement thereof by the supervising teachers and hostel prefects, make our hostel
an extremely popular choice of parents from afar.
PLASING VAN LEERDERS
Die gr.12 – en 11 leerders word in dubbelkamers geakkommodeer, terwyl die jonger leerders
drie- of vier-bed kamers beset. Elke leerder besit haar eie klerekas wat gesluit kan word. Gr.10 –
12 leerders studeer in hul kamers, terwyl die gr.8- en 9-leerders studietye in die eetsaal
deurbring. Koshuisprefekte word jaarliks uit die gr.12 leerders verkies – een van die prefekte se
belangrikste take is om toe te sien dat die nuwe gr.8’s die koshuistradisies leer ken en vinnig
inskakel by die koshuislewe.
The prefects also tend to the well-being of all other occupants. The camaraderie and friendship
amongst all the hostel learners are very noticeable – visitors to the hostel regularly mention the
homely atmosphere that they encounter when they enter through the front door. Een van die
koshuis hoogtepunte is beslis die koshuis afskeidsdinee wat jaarliks deur die gr.11’s georganiseer
word. Tydens hierdie geleentheid word daar op ‘n baie besondere wyse van die matriekleerders
en hul ouers afskeid geneem.
KEURING
Aangesien ons koshuis baie gewild is onder ouers en daar jaarliks slegs ongeveer 25 gr.8’s
geakkommodeer kan word, vind daar keuring plaas. Ouers en voornemende koshuisgangers
maak ‘n afspraak by die sekretaresse en besoek die skool om die skoolhoof en koshuisouers te
ontmoet. Tydens hierdie proses word algemene inligting oor die skool en die koshuis aan
voornemende ouers deurgegee en kry hulle die geleentheid om die koshuis te besoek.
These visits need to take place before the end of May as the selection process starts early in June.
We do our best to inform parents by the end of July whether their applications were successful.
Koshuis
Hoër Meisieskool Paarl se
koshuispersoneel het as
deel van die "67 minutes
for Mandela" veldtog, sop
gemaak vir 'n minder
bevoorregte skool se
leerders.