HMS Kleuregala laat spat

HMS se swemseisoen het sommer vroeg vanjaar afgeskop met die jaarlikse Kleure Gala op Woensdag, 27 Januarie 2010.  Almal het ‘n geleentheid gekry om te wys wat hul in die water kan baasraak.  Selfs die graad 1’tjies, wat self nog nie ‘n lengte kan swem nie, het ‘n bietjie hulp by die graad 12’s gekry.  Die graad 12’s van Hoër Meisiekool swem tradisioneel saam met die graad 1’tjies sodat hulle ook kan wys wat hulle alreeds geleer het.  Op die foto hieronder is Hannah Botha (gr 1) saam met Willecia Visser (gr 12). 

Image

Vir die meer ervare swemmers was daar strawwe kompetisie en die drie kleurgroepe het vandat die eerste skoot geklap het sterk met mekaar meegeding.  Janine Botes (graad 11, van die Blou span) het die meeste individuele punte in die hoërskool aangeteken vir haar span, en so ook die Blouspan gehelp om as oorwinnaars uit die stryd te tree.  Met 407 punte het hulle die Wit span met 73 punte gewen en die Groen span uit die water gespat met 107 punte.   

Janine Botes