News

GHS MISS WINELANDS WINNERS

These learners took part in the Miss Winelands competition
which took place on Friday, 13 August at Rusticana on the Klapmuts road.  From
left, Zelnie Terblanche (Gr 11) won as the 2nd princess while
Daniëlle(Gr11 middle) won the pageant.  Anya Gerber (Gr 10 right) was voted Miss
Personality.  All the finalists had to raise funds for the Bowy Home, which is
an Aids Charity.  Our winner, Daniëlle, decided to host a cheese and wine at her
home during July.  Various guests in the Paarl community were
invited.

Image

From left:  Zelnie Terblanche, Daniëlle van Staden, Anya Gerber.


HUISGENOOT and YOU

MISS GIRLS’ HIGH 2010 winner, Quarta Wiese along with finalist, Nicola Kaden
feature in HUISGENOOT and YOU magazine’s fashion make-over articles in May 2010.

ImageImageImage


Paarl Vallei Ballet Eisteddfod

Die volgende leerders van HMS het uitsonderlike prestasies gelewer tydens die onlangse Paarl Vallei Eisteddfod.

Image

Van links:  Natasha McGee, Samura Cross en Laura De Candia
(Graad 6) se groepdans, ‘Classical Delight’, het goud (plus) behaal gedurende
vanjaar se Paarl Vallei Eisteddfod.

Image

Van links: Anine Louw, Charlene Du Plessis en Anastasia
Prokopiou.  Die Graad 8 leerders se dansgroep, ‘Candygirls’, het goud behaal
tydens vanjaar se Paarl Vallei Eisteddfod. 

Image

Vank links:  Kaitlin Heugh, Dane van der Bank en Alexia
Prokopiou, almal in Graad 3 aan die Hoër Meisieskool Paarl, het Goud (plus)
behaal gedurende die Paarl Vallei Eisteddfod vanjaar.

 


ORREL EN TROMPET IN DIE STROOIDAKKERK

Image

Louna Stofberg en Lohandi Janse van Rensburg hou op Sondag, 6 Junie, ‘n kort konsert in die Strooidakkkerk om 11.30. Die konsert is gratis, maar ‘n deurkollekte sal gehou word vir die student Songezo Mteyeku, wat besig is met Koste en Bestuursrekeningkunde aan die Northlink Kollege in Kaapstad. Hy staan elke oggend vieruur op om vanuit die Strand betyds vir sy agtuur klasse te wees. Songezo is baie ernstig oor sy studies en ‘n toegewyde student. Hy het egter geld nodig om die tweede semester te kan betaal. Kom ons help hom om sy drome te verwesenlik!

Lohandi is ‘n orrel- en klavierleerling van Louna Stofberg, orrelis en onderwyseres by die Hoër Meisieskool Paarl. Lohandi het by die Stellenbosch Eisteddfod ‘n spesiale prys van R500 gekry as ‘n belowende orrelleerling op skool. Sy het vir haar laaste Unisa orrel eksamen 90% behaal en is net so suksesvol met haar klavierstudies. Sy is ‘n trompetleerling van Pamela Kirman by Stellenbosch se konserwatorium. Hulle sal o.a. werke speel van J.S.Bach, Pachelbel, Guilmant, Martin Mans en Boëlmann.


 Mej. Hoër Meisieskool Paarl 2010

Image

 

Wenners van Mej. Hoër Meisieskool Paarl 2010

Van links agter: Lana Giliomee (2de Prinses) en Christelle van Aswegen (1ste Prinses)

Voor: Quarta Wiese (wenner)

 



Little Miss Winelands 

Image

Ashleigh O’Donoghue (Gr6) won the title of Miss Winelands Pre-Teen on 20 March 2010 at CP Van der Merwe Hall in Wellington after also having to take part in the talent competition during which she danced to Evacuate the Dancefloor.  The Miss Winelands Pre-Teen competition is open to girls between the ages of 12 and 14 (Ashleigh is 12 years old).  She won numerous prizes such as a one year registration with a casting agency, one year dance and drama classes and a modelling portfolio.  


 MySchool

Baie geluk aan Juffrou Basson se Graad 8 klas vir hul vinnige invordering van hul MySchool inskrywings! Dankie aan al ons mamma’s en pappa’s wat gehelp het om die vorms te voltooi asook vir jul toegewyde ondersteuning aan ons skool.

Image 

 


MAGIC van die Maand

Elke maand stem die leerders vir die "Magic van die Maand". Hierdie dogter stel 'n voorbeeld aan die res van haar graad t.o.v. netheid, vriendelikheid, hulpvaardigheid, 'n positiewe gesindheid, bywoning/ondersteuning/deelname aan skool aktiwiteite, "die Magic X-Factor" ens! We feel it is neccessary to give recognition to girls that are indeed, the magic of our school!

Image

This months' winners are (from left to right) : Willecia Visser (Gr.12), Mareli Coetzer ( Gr.11), Phelisa Nikani ( Gr.9) and Jeanette Naude (Gr.8). Absent: Tasha vd Aardweg (Gr.10) 

 


GHS Science Club opens with a BANG

Image

The Grade 11 physical science learners at Paarl Girls' High started the school day off with a bang during the launch of the school’s first Science Club.  Visits to the Stellenbosch Science expo and talks with interesting scientists from industry form part of the agenda for 2010.  GHS wants to motivate learners to pursuit this field as a possible future career.   



4M 2010

Image Image

HMS Paarl het hulleself uitstekend van hul taak gekwyt by die 4M van 2010. Aan die einde van die dag was dit Bloemhof wat as wenners van die baan afgestap het, La Rochelle op hulle hakke, HMS Paarl en dan Rhenish.  Girls’ High is besig met ’n langtermyn plan om ons atletiek tops te kry. In 2009 was daar 140 punte verskil tussen Bloemhof en Girls’ High, waar daar in 2010 slegs 70 punte verskil is.

Ons is baie trots op 16 eerste plekke – twee minder as Bloemhof en tien meer as La Rochelle. Girls’ High gaan in 2010/2011 werk aan ons diepte wat baie vinnig daardie 70 punte gaan opmaak.

Marsunet Breytenbach is aangewys as die Beste 0/15-atleet van die byeenkoms met haar prestasie van 5.10m in verspring wat aan haar 857 punte op die tabel gegee het. Aletta Swart het die diskus rekord geslaan met ’n afstand van 33.00m. Marise Malherbe het die 800m rekord verbeter met ’n tyd van 2:18.34s. Een van die hoogtepunte vir HMS Paarl was die 400m 0/15 dogters. Christel van Tonder was eerste in ’n rekordtyd van 59.55s. Marise Malherbe was kort op haar hakke met ’n tweede plek ook onder die rekord met ’n tyd van 59.78s.   HMS was baie duidelik sigbaar op die pawiljoene met hulle tema: “Army”. Die kreet was een van die bestes nóg en die entoesiastiese ondersteuners was vir die duur van die byeenkoms nooit stil nie. Sonder die ondersteuning van die Girls’ Highers op die pawiljoen, sou ons nie die hoogtes bereik het wat ons wel bereik het nie. Ons het ongetwyfeld ons merk gemaak en die ander skole moet weet: Girls’ High gaan nie lê nie. Hier kom ’n ding...!

 Image Image Image



Top 10 Atletiek

HMS Paarl eindig DERDE van 21 meisies spanne. Voorwaar 'n prestasie. Twee atlete, Christel van Tonder en Tamryn Cupido word aangewys as twee van die Top 50 atlete tydens die byeenkoms.

PRESTASIES:

Goue medaljes: Aletta Swart (Gewigstoot), Marise Malherbe (400m en 800m), Christel van Tonder (200m), Kulthoom Gaidien (Paalspring) Silwer medaljes: Tamryn Cupido (Verspring), Aletta Swart (Diskusgooi) Brons medaljes: Marikie Bruwer (800m), Christel van Tonder (100m)

Image

Agter van links: Aletta Swart, Marikie Bruwer, Mev E Basson (Atletiekorganiseerder), Juf A Kotze (Verspring Afrigter), Bella Oosthuizen. Voor van links: Quarta Wiese (Atletiek kaptein), Bea Lambrehts, Kulthoom Gaidien, Heike Marais, Christel van Tonder, Marsunet Breytenbach, Marise Malherbe, Tamryn Cupido.



    GHS attends Opening of Parliament 

Learners from Paarl Girls’ High received the opportunity to be members of the Junior Guard of Honour during the opening of Parliament this year.  They welcomed the President and other honourable members of Parliament on the red carpet before the President’s State of the Nation address at Parliament in Cape Town.

This year’s State of the Nation was held on the evening of 11 February 2010 to commemorate the 20th anniversary of the release of former President, Nelson Mandela, from prison, as well as the South Africa’s hosting of the World Cup Soccer this year. The learners had the opportunity to experience first hand the celebrations of this very important event at the beginning of each new Parliamentary year. 

Image



 Gr 4 - Lugverkoeling 

Die Gr4 dogters is Donderdagoggend verrras met 'n splinternuwe lugverkoelings-sisteem - beslis 'n 'koel' geskenk van ons lojale ouers.  Die dogters, saam met Juf Dekker en Juf Stegmann sê nogmaals dankie!  

 Image  



 Uitruilstudente 

Image 

Helga du Plessis ( links) ‘n graad 11-leerling aan die Hoër Meisieskool Paarl vertrek in Junie na Duitsland as gas van die PAD, ’n organisasie gemoeid met die bevordering van Duits as vreemde taal in die buiteland. Sy het verlede jaar goeie uitslae in die landswye Duits-Olimpiade behaal. Lisa van der Merwe, ’n graad 12- leerling aan die Hoër Meisieskool Paarl,  het in Desember 2009 as uitruilstudent op ’n maandlange besoek na Duitsland vertrek.



Senior Sertifikaat Eksamen:  Uitslae 2009

Die matrieks van 2009 het weer uitstekend gevaar in die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen:

100% Slaagsyfer

Klasgemiddeld van 70%

83 van die 92 kandidate kwalifiseer vir graadkursus aan universiteit

10 kandidate behaal 'n gemiddeld van 80% en meer

Mené van der Westhuyzen, ook die Dux-leerder van 2009, slaag met 91,43% en beklee die 15de plek op die Wes-Kaap Onderwysdepartement se merietelys.

Baie geluk aan Mené vir hierdie uitsonderlike prestasie.  Ons gelukwense aan elke matriek wat hierdie eksamen suksesvol voltooi het en hul volle potensiaal bereik het.  Ook aan die volgende matrieks wat slaag met 'n gemiddeld van 80% en meer:

Riené Bekker
Almari Carosini
Marize Conradie
Natasha du Toit
Surette Esterhuize
Irene Potgieter
Amy Sands
Christine Scholtz
Salome van Zyl

Mené van der Westhuyzen en Me Colyn

Matrieks 2009