Reach Out
Re@ch Out
Hierdie unieke groep is in 2007 deur een van HMS se Gr 9-leerders gestig. Hierdie groep bestaan steeds na twee jaar en is vandag meer en meer betrokke by uitreike in die gemeenskap. Hul hoofdoel is om Jesus se Naam te versprei en die evangelie verkondig.
This year Re@ch Out 2009 identified three groups to focus on during the year: Paarl Hospital, Paarl School - Brackenfell and Dal Josefat Primary.
Paarl Hospitaal - 5 Maart 2009
Op 5 Maart 2009 het Re@ch Out die kinderafdeling van Paarl Hospitaal besoek en roomys, gebede en baie liefde uitgedeel. Hulle het ook die kinders se gesinne leer ken en saam gebid.
Paarl School - Brackenfell
The group's first project at this unique school was to surprise the hostel learners with a Christmas party at the end of 2008. After their performance of the birth of Jesus, each learner received a small present. The day ended with a festive Christmas party!
Op 5 Februarie 2009 het die Re@ch Out groep weer die Paarl Skool in Brackenfell besoek vir 'n lekker kuier- en pret-dag in die swembad! Almal het saam baljaar en lekker afgekoel in die Februarie hitte!
The next visit took place on 19 March 2009, where the group used a paper cross to teach the learners from Paarl School how to recognise Jesus in everything they do.
Hope-Centre
HMS se Re@ch Out groep is ongelooflik opgewonde om deel te wees van een van die ATKV se projekte, genaamd DIE HANDEVAT PROJEK. Hierdie projek behels die samewerking tussen twee skole, waar daar gefokus word op 'n projek by 'n minder-bevoorregte skool of -gemeenskap. HMS se Re@ch Out groep het besluit om met Klein Nederburg in die Paal te skakel, en is na 'n lang keuringsproses met baie vereistes goedgekeur om op te tree as een van die deelnemende skole van hierdie projek.
Re@ch Out gaan dan saam met Klein Nederburg betrokke wees by 'n Gemeenskapsprojek in die Paarl. Die kerkgroep, Miglat, is besig om 'n ou nagklub in Paarl Oos te omskep in 'n nuwe Gemeenskapsentrum. Hierdie sentrum sluit onder andere fasiliteite soos 'n biblioteek, kafeteria, internet kafee en Virgin Active in. Daar word ook 'n nasorgsentrum geopen waar kinders veilig kan studeer na skool en wag vir hul ouers.
As projekspan het die kleingroep besluit om die kafeteria en biblioteek op hande te neem. Die groep is dus verantwoordelik vir die versiering ens van hierdie twee dele van die gebou. Die oorspronklike begroting vir hierdie projek was R 17 000 en na die goedkeuring vanaf die ATKV het HMS se Re@ch Out R 5000 kapitaal ontvang om hul te help. Nadat die groep ook aansoek gedoen het om 'n skenking by die Strooidakkerk, is R12 000 aan die groep toegestaan.
Almal is baie opgewonde oor die projek en kan nie wag om aan die werk te spring nie!
Re@ch out 2009 bestaan ui die volgende Gr 10 en 11 leerders:
-
Nadia Gava
-
Mareth Viljoen
-
Carmen Joubert
-
Mariet van Rensburg
-
Alna de Wet
-
Christel van Aswegen
-
Roenie van Staden
Hierdie fantastiese groep funksioneer onder die leiding van die volgende HMS personeellede:
-
E. Strauss (Leier)
-
N. Domburg
-
H. van der Merwe
