HMS koshuis / GHS hostel
Die HMS Koshuis is meer as net ‘n skoolkoshuis, dit is ‘n tweede tuiste. Die koshuisouers, Piet en Amanda du Toit, versorg elke koshuisganger soos hul eie – ‘n gerustelling vir elke ouer wie se dogter kwartaalliks hier afgelaai word. Oom Piet sorg “dat die duiwel vasgeketting is” en dat die inwoners te alle tye veilig en geborge voel. Tannie Amanda doen moeite om te sorg dat elke leerder wat by ons aansluit, gou maats maak en tuis voel.
The hostel learners very often boast about the excellent meals that are served in our hostel – special treats will often be added to the menu to spoil the girls. The strict, but just hostel rules and the fair enforcement thereof by the supervising teachers and hostel prefects, make our hostel an extremely popular choice of parents from afar.
PLASING VAN LEERDERS
Die gr.12 – en 11 leerders word in dubbelkamers geakkommodeer, terwyl die jonger leerders drie- of vier-bed kamers beset. Elke leerder besit haar eie klerekas wat gesluit kan word. Gr.10 – 12 leerders studeer in hul kamers, terwyl die gr.8- en 9-leerders studietye in die eetsaal deurbring. Koshuisprefekte word jaarliks uit die gr.12 leerders verkies – een van die prefekte se belangrikste take is om toe te sien dat die nuwe gr.8’s die koshuistradisies leer ken en vinnig inskakel by die koshuislewe.
The prefects also tend to the well-being of all other occupants. The camaraderie and friendship amongst all the hostel learners are very noticeable – visitors to the hostel regularly mention the homely atmosphere that they encounter when they enter through the front door. Een van die koshuis hoogtepunte is beslis die koshuis afskeidsdinee wat jaarliks deur die gr.11’s georganiseer word. Tydens hierdie geleentheid word daar op ‘n baie besondere wyse van die matriekleerders en hul ouers afskeid geneem.
KEURING
Aangesien ons koshuis baie gewild is onder ouers, en daar jaarliks slegs ongeveer 25 gr.8’s geakkommodeer kan word, vind daar keuring plaas. Ouers en voornemende koshuisgangers maak ‘n afspraak by die sekretaresse en besoek die skool om die skoolhoof en koshuisouers te ontmoet. Tydens hierdie proses word algemene inligting oor die skool en die koshuis aan voornemende ouers deurgegee en kry hulle die geleentheid om die koshuis te besoek.
These visits need to take place before the end of May as the selection process starts early in June. We do our best to inform parents by the end of July whether their applications were successful.
