Primary School
Verskeie sportaktiwiteite word aangebied. Daar word verwag word dat leerders aan ten minste een somer- en een wintersportsoort sal deelneem. Gr 1 tot 3 leerders ontvang afrigting in skooltyd (13:00 – 14:10) en ons wil graag hê dat almal van die geleentheid gebruik moet maak. Ons fokus is massadeelname. Die hoogtepunt op die sportkalender is die baie suksesvolle jaarlikse interskole teen Gimnasium. Wedstryde vind plaas in netbal en hokkie vir leerders van 0/7 tot 0/18. By al ons sportsoorte word daar ook gebruik gemaak van professionele buite-afrigters om die bes moontlike afrigting vir ons leerders te bied. Nog ‘n hoogtepunt op die sportkalender is die jaarlikse Gr 7 sporttoer na Mosselbaai.
