Hoër Meisieskool Paarl
Girls’ High School
Since 1876
Developed by ACH&SS - 2011
Hierdie unieke groep is in 2007 deur een van HMS se Gr 9-leerders gestig. Hierdie groep
bestaan steeds na twee jaar en is vandag meer en meer betrokke by uitreike in die
gemeenskap. Hul hoofdoel is om Jesus se Naam te versprei en die evangelie te verkondig.
HMS se Re@ch Out groep is ongelooflik opgewonde om deel te wees van een van die ATKV
se projekte, genaamd DIE HANDEVAT PROJEK. Hierdie projek behels die samewerking
tussen twee skole, waar daar gefokus word op 'n projek by 'n minderbevoorregte skool of
-gemeenskap. HMS se Re@ch Out groep het besluit om met Klein Nederburg in die Paal te
skakel en is na 'n lang keuringsproses met baie vereistes goedgekeur om op te tree as
een van die deelnemende skole van hierdie projek.
Re@ch Out gaan dan saam met Klein Nederburg betrokke wees by 'n Gemeenskapsprojek
in die Paarl. Die kerkgroep, Miglat, is besig om 'n ou nagklub in Paarl-Oos te omskep in 'n
nuwe Gemeenskapsentrum. Hierdie sentrum sluit onder andere fasiliteite soos 'n
biblioteek, kafeteria, internetkafee en Virgin Active in. Daar word ook 'n nasorgsentrum
geopen waar kinders veilig na skool kan studeer en vir hulle ouers wag.
As projekspan het die kleingroep besluit om die kafeteria en biblioteek onder hande te
neem. Die groep is dus verantwoordelik vir die versiering ens van hierdie twee dele van
die gebou. Die oorspronklike begroting vir hierdie projek was R 17 000 en na die
goedkeuring van die ATKV het HMS se Re@ch Out R5000 kapitaal ontvang om hul te help.
Nadat die groep ook aansoek gedoen het om 'n skenking by die Strooidakkerk, is R12 000
aan die groep toegestaan.
Reach Out