Sport

 

HMS Sport

Die rol van fisiese ontwikkeling speel 'n baie groot rol in die emosionele ontwikkeling van enige kind. Daarom is dit vir ons baie belangrik dat ons dogters aan sport moet deelneem, met die klem op maksimale deelname en genot! Vir HMS is die deelname, spanwerk, goeie sportmanskap en gereelde deelname net so belangrik as die individu wat groot hoogtes bereik.

Ons bied 'n groot verskeidenheid van sport:

SOMER - atletiek, tennis, swem, binneshuise-hokkie, aksie-netbal

WINTER - netbal, hokkie, landloop

Deelname aan sport is nie verpligtend nie, maar ons moedig al ons leerders aan om ten minste aan een winter en een somersport deel te neem. In alle sportsoorte streef ons daarna om soveel as moontlik spanne in die liga in te skryf. Aangesien maksimale deelname vir ons baie belangrik is, poog ons om in al die sportsoorte top afrigters te verskaf. Waar die behoefte hom voordoen, maak ons ook van buite-afrigters gebruik. Afrigters word gereeld op kursusse gestuur sodat hulle te alle tye op hoogte kan bly van die nuuste verwikkelinge in die betrokke sportsoort!

Ons sportfasiliteite sluit die volgende in: hokkieveld, 6 netbalbane, 6 tennisbane en 'n swembad.

Ons top spanne neem gereeld aan toernooie deel en gaan jaarliks op toere en kursusse buite die Weskaap! 'n Groot hoogtepunt vir ons almal is die All Girls' Festival waar al ons eerste tennis-, netbal-, hokkie-, debat-, redenaarspanne en orkes jaarliks teen 18 van ons land se top meisieskole gaan meeding. Ons word hier gereken as een van die top 3 skole!

Ons skool bied ook die Bennie Saayman Netbalskool aan waar netbalvaardigheid ontwikkel word (kwartaal 1, 2 en 3).

'n Wit/jade/navy hempie en navy broekie is die verpligte sportdrag wat elke leerder tydens oefeninge moet dra. Tydens wedstryde of groot byeenkomste dra leerders ook soms klere wat geborg is, maar dit sluit altyd aan by ons wit sporthempie, navy kort broekie en ons skool se jade an navy sweetpak.

Ons het ook 'n sportkantoor waar die sport-organiseerder elke dag hard werk om die beste geleenthede vir elke span te bied. Die besonderhede is as volg:

Sport-organiseerder: Marielouw van der Merwe
Tel: (021) 872 1730
    
Image Image

Image Image    

Image Image